Swart Steen

Pelgrims ding mee om ’n kans om die Swart Steen te soen of daaraan te raak.

Die Swart Steen (Arabies: الحجر الأسود al-Ḥajar al-Aswad) is die oostelike hoeksteen van die Kaäba, die antieke steengebou in die middel van Al-Masdjid al-Haram in Mekka, Saoedi-Arabië. Moslems beskou dit as ’n Islamitiese reliek wat volgens tradisie dateer van die tyd van Adam en Eva.[1]

  1. Sheikh Safi-ur-Rehman al-Mubarkpuri (2002). Ar-Raheeq Al-Makhtum (The Sealed Nectar): Biography of the Prophet. Dar-us-Salam Publications. ISBN 1-59144-071-8.

Developed by StudentB